Nuwe-normaal by werksplekke het moonlike werker se toestemming nodig

Die pandemie het afstandwerk genormaliseer en om vanjaar terug te keer werk toe beteken nie noodwendig terug kantoor toe nie. Namate Covid-19-beperkings verlig word, wil baie werkgewers egter graag hê hul personeel moet weer op kantoor wees. Ondernemings oorweeg nuwe modelle in die werkplek en hersien hul inentingsbeleide. ‘n Kenner op die gebied van indiensnemingsreg van die Suid-Afrikaanse regsfirma Cliffe Dekker Hofmeyr, Asma Cachalia, sê werkgewers moet daarop let dat ‘n verandering van werksomstandighede in sekere gevalle werkers se toestemming vereis: