Boris sê hy’t nie geweet partytjie was teen die reëls nie

Die Britse eerste minister Boris Johnson sê hy is nie ingelig dat die Downingstraat-tuinpartytjie tydens inperking teen die reëls was nie. Die senior staatsamptenaar, Sue Gray, gaan na verwagting ‘n verslag bekendstel oor byeenkomste in Downingstraat en regeringsdepartemente waar Covid-19-reëls na bewering oortree is. Terwyl sy bedanking geëis word, het Johnson die koningin om verskoning gevra oor Downingstraat-partytjies op die vooraand van die Hertog van Edinburgh se begrafnis verlede April. Hy sê hy het ook verskoning gevra vir sy regering se swak oordeel: