WGO skenk suurstofkonsentreerders

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 20 suurtofkonsentreerders ter waarde van byna 178 000 Namibiese dollar van die Wêreld Gesondheidsorganisasie ontvang. Die Uitvoerende Direkteur, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die skenking sal help om die Covid-pandemie te beveg. Hy sê dit is nie eerste skenking van die WGO nie en dit word hoogs waardeer.