Kruger-wildtuin se werknemers moet dopgehou word

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep op die bestuur van die Kruger-wildtuin gedoen om ‘n maandelikse oudit te doen van alle werknemers wat vermoedelik by stropery betrokke is. ‘n Woordvoerder sê geskorste natuurbewaarders of diegene wat gevang word vir pogings tot stropery, word eenvoudig net weer in hulle poste aangestel nadat dissiplinêre prosesse afgehandel is. Die party het die onlangse aankondiging oor die opskerping van leuenverklikker-toetse verwelkom en sê dit kan ‘n sleutelrol speel in die stryd teen stropery.