WGO en Universiteit van Wes-Kaap werk saam vir betroubare Covid-data

Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Universiteit van die Wes-Kaap vestig ‘n nuwe sentrum by die instelling wat ‘n streekseenheid sal wees vir die skalering van Covid-19-genome. Alan Christoffels is hoof van die eenheid binne die universiteit se Suid-Afrikaanse Nasionale Bio-inligtings-instituut. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê die baanbrekers-projek en befondsing van meer as 50 miljoen rand sal 14 streekslande toegang gee tot meer betroubare Covid-data.