Een van wêreld se oudste Humboldt-pikkewyne uitgesit

Een van die oudste Humboldt-pikkewyne ter wêreld, genaamd Mo, moes uitgesit word in die Oregon-dieretuin in die VSA. Die dieretuin sê op sy webwerf die 31-jarige Mo het ‘n katarak in sy een oog gehad en bilaterale artritis in sy heupe. ‘n Woordvoerder, Travis Koons, sê hy was eenvoudig baie oud. Mo is op 6 Julie 1990 gebore in die Oregon-dieretuin in Portland, waar hy sy hele lewe lank deurgebring het. Hy was die oudste mannetjie van sy spesie in ‘n Noord-Amerikaanse dieretuin of akwarium.