Vyf Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in drie distrikte, Opuwo, Oshakati en Engela, aangemeld, asook 69 nuwe gevalle uit 1 476 toetsuitslae, wat ‘n postiewe koers van 4,7 persent verteenwoordig. In die groep is nege leerders en sewe onderwysers van verskillende skole. Daar is nou 1 490 aktiewe gevalle, waarvan 162 in hospitale is en 19 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 225 359 mense het hul eerste dosis Covid-enstof ontvang en 133 237 mense hul tweede dosis. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gee die jongste Covid-syfers.