Wes-Kaapse premier: Hou by Covid-regulasies

Met die Kersvakansie wat vandag amptelik vir Suid-Afrikaners begin het, het die Wes-Kaapse premier Alan Winde inwoners en besoekers gevra om by die Covid-regulasies te hou om die verdere verspreiding van die virus te voorkom. Winde sê hoewel die meeste van pasiënte wat nou behandeling vir die virus ontvang, jong mense is en nie ernstig siek is nie, moet mense steeds versigtig wees. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.