Vermeende moordenaar van Stinkwater bly in aanhouding

Die 32-jarige verdagte wat die 23-jarige Lydia !Kharises op Stinkwater naby Dordabis na bewering verkrag en vermoor het, het vandag in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn nadat hy Dinsdag op die plaas Drostdy in die omgewing deur die polisie in hegtenis geneem is. Harold Uirab het op klagte van moord en verkragting verskyn en hy bly in aanhouding. Sy saak is tot 22 Februarie 2022 vir verdere ondersoek uitgestel. ‘n Daar is sedert 2010 ‘n lasbrief vir Uirab se inhegtenisname vir ‘n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.