Wes-Kaapse LUR vra polisieminister om saam misdaad te bestry

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig, Reagan Allen, sê die minister van polisie, Bheki Cele, moet ophou om in afsondering te werk. Allen sê Cele moet optree en provinsiale polisieforums insluit in die bestryding van misdaad. Allen sê alle wetstoepassings-belanghebbers in die provinsie en Cele moet saamwerk om misdaadbestryding doeltreffend te maak.