Twee vas oor diefstal van 17 sonpanele op Okahandja

Twee mans van 28 en 42 jaar oud is op Okahandja in hegtenis geneem nadat hulle glo in besit gevind is van 17 gesteelde sonpanele. Inspekteur Maureen Mbeha, woordvoerder van Nampol in die Otjozondjupa-streek, sê die sonpanele ter waarde van 153 000 Namibiese dollar is van die dak van die Okahandja-winkelkompleks verwyder. Die twee verdagtes is van diefstal aangekla en sal na verwagting hierdie week in die Okahandja-landdroshof verskyn. Die polisie-ondersoek na die saak duur voort.