De Kock, Miller sluit aan by Karibiese Premierliga

Krieket: Die staatmaker-kolwers van die Proteas, Quinton de Kock en David Miller, sal in vanjaar se Karibiese Premierliga vir die Barbados Royals speel. De Kock maak sy debuut in die kompetise, terwyl Miller voorheen gespeel het vir die Jamaica Tallawahs en die St. Lucia Kings, voorheen bekend as die St. Lucia Zouks. Tallawahs het die dienste bekom van nog ‘n Suid-Afrikaner, Corbin Bosch, voordat die trekking van die spelers môre plaasvind. Faf du Plessis, Tim David en David Wiese sal vir die Kings speel. Die Karibiese Premierliga vind van 30 Augustus tot 30 September plaas.