Wes-Kaap soek nóg Covid-entstowwe

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê dit het die nasionale gesondheidsdepartement gevra om nóg Covid-entstowwe aan die provinsie toe te ken om die provinsie se algehele inentingsvermoë verder te verbeter. Die provinsie het verlede week daarin geslaag om nagenoeg 150 00 mense, ‘n gemiddeld van ongeveer 30 000 mense per dag hul inenting toe te dien. Ons Kaapse korrespondent. Fritz Platt, is aan die woord.