‘SA het hervormende leierskap nodig’

Suid-Afrika het nou hervormende leierskap nodig terwyl die samelewing en gemeenskappe nie op die regering staatmaak vir aalmoese nie, maar hulle eie maatskaplike strukture gebruik om Suid-Afrika te herbou. Dit is die mening van een van die Wes-Kaap se bekendste sosioloë en gemeenskapsbouers, Quinton Adams, ná een van die donkerste weke in die land se geskiedenis. Hy en sy NRO, The Shackbuilder, het verskeie plakkersgemeenskappe ná brande help herbou. Adams sê leiers moet hulle gemaksones verlaat.