Werkloosheid, toelae neem plaaslik toe

Namibië se werkloosheid bly ‘n baie groot uitdaging met ongeveer 14 000 nuwe werksverliese wat in 2020 en 2021 voorgekom het as gevolg van Covid. Ongeveer 37 persent van die jeug is werkloos met ‘n kumulatiewe totaal van rofweg 21 persent. Maar, die hoeveelheid persone wat maatskaplike toelae ontvang, neem toe. Daar is net meer as 773 000 Namibiërs, net minder as ‘n derde van die bevolking, wat staatmaak op die toelae. Daar is net minder as 192 000 pensioenarisse, meer as 47 000 gestremde persone, 340 000 kwesbare kinders en 195 000 ouers wat toelae ontvang. Dit is sonder die meer as 2 000 huishoudings wat staatmaak op die voedselbank. Die ministerie van geslagsgelykheid bestee ongeveer 5 miljard Namibiese dollar jaarliks op die toelae, wat die oorlogsveterane uitsluit. Die minister van verdediging Frans Kapofi het onlangs gesê amper 10 miljard Namibiese dollar is op veterane bestee, nie net in toelae nie, maar ook verskeie projekte. Net meer as 6 000 kinders van oorlede veterane trek voordeel uit die toelaes, wat ook tersiêre opleiding na die ouderdom van 18, insluit.