Frankryk sluit moskee vir ‘aanhitsing’

Frankryk het die sluiting van ‘n moskee in die noorde van die land gelas, weens sy radikale dienste wat haat en geweld aanblaas, en ook jihad as praktyk verdedig. Die Franse minister van binnelandse sake, Gerald Darmanin, sê die Imam se preke teiken Christene, homoseksuele en Jode. Die moskee sal binne twee dae, in plaas van tien dae, gesluit word. Vroeër vanjaar het die Franse regering gesê hy gaan plekke van aanbidding, en verenigings fyn dophou, wat verdink word van die verspreiding van Islamitiese propaganda.