Robbe-oes: Pelsmark het verswak, kwota kom nooit vol nie

Namibië doen ‘n robbe-oes in Julie elke jaar. Die regering gee ’n jaarlikse kwota vir die oes van 60 000 robwelpies en 8 000 volwasse robbulle. Die robbe-oes vind by verskillende robkolonies plaas, insluitend die Kaap Kruis Robreservaat. Die robbe-oes is hoofsaaklik aangedryf deur ‘n oorbevolking van robbe wat visvoorrade uitput, asook die kommersiële waarde van robpels, olie, leer en ander produkte. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, gesels oor of die robbevolking gegroei het.