Rublev skop Alcaraz uit in Madrid

Die tweemalige verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, is by die Madrid Ope deur Andrey Rublev uitgeskakel. Die Rus was een stel agter, maar het met 4-6, 6-3 en 6-2 in die kwarteindronde geseëvier. Hy kom nou te staan teen die 12de gekeurde Amerikaner, Taylor Fritz, wat die Argentyn Francisco Cerundolo met 6-1, 3-6 en 6-3 geklop het. Jannik Sinner van Italië het met ʼn heupbesering aan die toernooi onttrek en sy teenstander in die kwarteindronde, die Kanadees Felix Auger-Aliassime, is deur na die halfeindronde. Rublev sê dit was spesiaal om Alcaraz te klop: