New York burgemeester sê varsity-betogings is pogings om jeug te radikaliseer

Ongeveer 300 pro-Palestynse betogers is Woensdag by die Columbia Universiteit en City College in New York gearresteer. Universiteite reg oor Amerika loop deur onder betogings oor die oorlog in Gaza met diejongste uitdaging op die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles. Studente eis dat maatskappye en individue wat bande met Israel het, geboikot word. New York se burgemeester, Eric Adams, sê die betogings is deel van ʼn beweging om jongmense te radikaliseer: