Werkloosheid: 40 000 jongmense het vanjaar nie ‘n vooruitstig gehad nie

Die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie, Audrin Mathe, sê die regering moet intree en die kwessie van jeugwerkloosheid aanspreek. Meer as 40 000 leerders het die jaar nie gekwalifiseer vir toegang tot tersiêre instellings nie. Mathe sê daar is ‘n rol wat die weermag byvoorbeeld, kan speel. Jeugwerkloosheid sal die jaar 49 persent bereik. Die probleem duur reeds jare voort as gevolg van ekonomiese toestande en swak opleiding. Daar is nie werksgeleenthede nie en meer as 12 000 mense het hul werk tydens die pandemie verloor met meer as 800 maatskappye wat hul deure gesluit het. Jeug sonder vaardighede het geen opsies of geleenthede nie. Beroepsopleiding is ook beperk.