Seksuele wangedrag duur voort in skole in SA

Die Suid-Afrikaanse Regshulpbronsentrum, het ‘n skerpbewoorde verslag uitgereik wat toon seksuele wangedrag kom steeds in skole voor. Die verslag het ondersoek ingestel na hindernisse met toegang tot onderwys vir meisies in Suid-Afrika. ʼn Groot bron van kommer is die toenemende aantal meisies tussen 10 en 14 wat swanger raak. ʼn Woordvoerder van die sentrum, Charlene Kreuser, sê die Departement van Onderwys moet vertroud raak met die verskillende verordeninge en beleidstandpunte om omvattende beskerming vir skoolmeisies te verseker: