Amerikaanse winkels skarrel om ’21 se kerversierings te verkoop

Amerikaanse kleinhandelaars is besig om hul voorraad Kersversierings te verkoop soos die feesseisoen nader kom, nadat deurmekaar verskaffingskettings veroorsaak het dat baie besendings eers ná die vakansie verlede jaar aangekom het en dus, is daar ou voorraad. Die situasie is verlede jaar vererger deur ‘n tekort aan skeepsvraghouers, tesame met vertragings by hawens weens ‘n gebrek aan werkers om produkte af te laai en na kleinhandelaars te vervoer. Berigte lui dat elke kleinhandelaar baie voorraad het wat laat gekom het met sommige besendings wat eers in Januarie en Februarie vanjaar aangekom het.