Werker-regte onder die loep in die NV

Die kwessie oor werkers en hul regte om te protesteer het in die Nasionale Vergadering onder die loep gekom. Die kwessie is geopper deur Longinus Iipumpu van die Namibia Economic Freedom Fighters, wat sê sedert die werkloosheid protes in Maart het verskeie werkers in die moeilikheid gekom omdat hulle tydens werksure gaan protesteer het. Arbeidminister Uutoni Nujoma sê dat daar wel ‘n probleem is wanneer dit kom by die regte van werkers.