Meer werkers as gedink was in George-gebou wat ineengestort het

Die George-munisipaliteit sê ná noukeurige bestudering van die veiligheidsrekords, is vasgestel daar was 81 werkers op die toneel waar ‘n gebou Maandag ingetuimel het, en nie 75 soos aanvanklik berig is nie. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê 37 mense is uit die puin gehaal, waarvan agt dood is terwyl 44 steeds vermis word.