Girokopter in insident by Eros lughawe

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat ‘n geel girokopter in ‘n insident by die Eros lughawe in Windhoek betrokke was. Die loods het geen beserings opgedoen nie. Dit volg op die hakke van die noodlottige vliegongeluk verlede Vrydag waarin drie Westair werknemers gesterf het.