McIlroy gaan nie weer op PGA-beleidsraad dien

Gholf: Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy, sê hy gaan nie weer by die PGA-toer se beleidsraad aansluit nie. Webb Simpson het na wat berig word verlede maand aangebied om uit die raad te bedank en versoek dat McIlroy sy plek inneem. Die 35-jarige se heraanstelling is onderworpe aan ‘n stemmery deur raadslede. McIlroy sê sommige raadslede was ongemaklik oor sy moontlike terugkeer.