Wees versigtig vir aanlyn-inkopies

Doen jy inkopies op Shein en Temu: pasop! Die donker kant van afslaginkopies…

Chinese inkopie-webwerwe soos Shein en Temu lok klante met goedkoop goedere, maar daar is ’n donker kant wat baie nie in ag neem nie.

MyBroadband het onlangs berig oor die sekuriteit- en arbeidskwessies rakende hierdie aanlynwinkels.

“Hulle word ondersoek in die Verenigde State vir hul arbeidspraktyke. Daar is kommer dat hulle dwangarbeid gebruik om hul goedere te vervaardig, wat verduidelik hoekom dit so goedkoop is.”

Temu ontken dat hy dwangarbeid gebruik, maar het nie bewyse verskaf om sy verdediging te ondersteun nie.

Daar is ook kommer oor die sekuriteit van die winkels se mobiele toepassings en die veiligheid van hul kliënte se data.

Hoe beskerm jy jouself teen kubermisdaad?

Gebruikers en werknemers moet áltyd waaksaam wees wanneer hul aanlyn is en in die kuberruimte werk, speel, sosiale media-platforms gebruik en aankope doen.

Wees versigtig vir ongevraagde e-posse (spam en spoofing) of telefoonoproepe. Skelms kan deur sogenaamde ‘social engineering-aanvalle’ sensitiewe inligting van jou verkry sonder dat jy dit besef.

Wagwoorde is nodig om te registreer en om toegang te kry op bykans elke aanlynplatform. Hou wagwoorde veilig deur dit nie met enigiemand te deel nie, nie neer te skryf nie en nie dieselfde wagwoord op alle webwerwe te gebruik nie

Moenie val vir geldbedrog nie – jy het nie geld geërf van ’n vreemde familielid nie!

Instansies soos banke sal jou nie vra om jou aanmeld­besonderhede per e-pos te bevestig nie.

Wees altyd bewus van die adres van die sender van ’n e-pos en kyk wat staan in die onderwerpreël en die inhoud. Gevaarligte behoort aan te gaan as dit nie lyk soos ’n wettige e-pos nie.

E-posaanhegsels is ’n groot probleem – moet nooit ’n aanhegsel in HTML-formaat oopmaak nie.

Moenie op vreemde/onbekende webskakels klik nie.

nom