SA’ners is sportmal

Suid-Afrika is ʼn nasie wat passievol is oor sport, met ongeveer 75% van Suid-Afrikaanse volwassenes wat belangstelling in sport toon, en ʼn verbysterende 25 miljoen wat aktief aan ʼn sportsoort deelneem. Wanneer daar na verskillende ouderdomme gekyk word, is die data ook betreklik konsekwent: Altesame 73% van mense tussen 15 en 24 jaar stel belang in sport, terwyl die syfer vir diegene tussen 25 en 34 op 76% staan. Wanneer na sportdeelname gekyk word, staan die syfer op 54% vir diegene ouer as 50 en op 59% vir diegene tussen 25 en 34 jaar oud.

Wonder hoe lyk ons belangstelling in sport hier in Namibië?