Maxwell vat ‘n ruskans van IPL

Krieket: Die Australiese veelsydige speler Glenn Maxwell sê hy neem onbepaald ‘n ruskans van die Indiese Premierliga ná ‘n baie teleurstellende seisoen sover vir die Royal Challengers Bengaluru. Hy kon slegs 32 lopies in ses wedstryde aanteken. Maxwell sê dit is nou ‘n goeie tyd om geestelik en fisiek te rus sodat hy sy spelpeil kan herwin. RCB, met Faf du Plessis as kaptein, beleef ‘n beroerde seisoen en bevind hulle ná slegs een sege in sewe kragmetings onderaan die punteleer van die tien spanne.