Wees paraat vir rowers – Erongo polisie

Die Erongo polisie het inwoners van Swakopmund en Walvisbaai gewaarsku oor wat die mag beskryf as bendes wat vulstasies en besighede beroof. Inspekteur Ileni Shpaumba, die bevelvoerder van Gemeenskapspolisiëring in die streek het ook ‘n beroep op die inwoners gedoen om paraat te wees. Owerhede het intelligensie oor verskeie vermeende rowers wat opgelet is by die besighede in die twee dorpe met motors met vervalste nommerplate. Hy het besighede gemaan om sekuriteit te verskerp en om enige verdagte aktiwiteite onmiddellik aan te meld.