Watervoorsiening ontbreek by Okongo

Terwyl die regering sê hy vorder baie goed met watervoorsiening aan landelike gemeenskappe, blyk dit nie die geval in die Okongo-kiesafdeling in die Ohangwena-streek te wees nie. Volgens berigte is daar een kraan wat 11 nedersettings met water moet voorsien en sommige inwoners moet tot 40 kilometer stap om water te haal. Die druk op die kraan is ook baie laag so baie inwoners sien nie kans nie en gebruik eerder die brakwater in tuisgemaakte putte, maar klein kinders kan nie die water drink nie so veral moeders word genoodsaak om die afstand af te lê om drinkwater vir hul kleintjies te kry. Owerhede meen daar is te veel nedersettings om boorgate te voorsien omdat daar nie geld is nie.