Indaba in Durban in aan die gang, loop lekker

South Africa Tourism se Afrika-reis-indaba is in Durban aan die gang ondanks die vernietigende vloede in die provinsie. Dit volg na ‘n onderbreking van twee jaar weens die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande inperkingsmaatreëls. Die uitvoerende hoof van SA Tourism, Themba Khumalo, sê toerisme is ‘n belangrike katalisator in die heropbou van die buurland se ekonomie. Khumalo voeg by die indaba is een van die top drie wêreldwye handelskoue, wat ten doel het om toegang tot die toerismebedryf te fasiliteer en beskikbaar te stel: