Wat nou met plaasdiere wat padongelukke veroorsaak?

Die gru-ongeluk die naweek op die B1-pad net buite Rehoboth waarin drie familielede en ‘n vriend gesterf het, het skokgolwe deur die gemeenskap en sportwêreld gestuur. Al vier die oorledenes was aan die Reho Falcon Rugbyklub verbonde. Die kwessie is in die Nasionale Vergadering opgehaal deur Katrina Benz van die PDM, wat wil weet of boere verantwoordelik gehou word vir padongelukke wat deur hul loslopende diere veroorsaak word