Unam sê oor ‘waardelose’ Honneurs-sielkunde grade

‘n Herrie het aanlyn losgebars nadat ‘n kliniese sielkunde-student met ‘n Honneurs-graad van die Universiteit van Namibië gesê het haar graad is byna waardeloos, want die kurrikulum vir sielkunde by Unam is nie geregistreer by die Gesondheids-praktisynraad van Namibië nie. Unam het wel aan Kosmos 94.1 Nuus beken dat industriële sielkunde nie geregistreer is as ‘n beroep by die raad nie, en dat dit al vir jare die geval is. Dit is wel by die Namibië Kwalifikasie-owerheid geregistreer as ‘n graad. Professor Cilas Wilders, die mede-dekaan van Unam se skool vir geallieerde gesondheidswetenskappe, is aan die woord.

Wilders brei ook uit oor wat hierdie studente te doen staan.