Ombudsman het raad vir ongebruikte Zambezi waterfront-park

Op 18 Julie 2022 het Lawrence Sampofu, die goewerneur van die Zambezi-streek, die Ombudsman versoek om voorlopige ondersoeke te doen na bewerings van misbruik van openbare gelde tydens die bou van die Zambezi Waterfront Toerismepark. Die Ombudsman het onderneem om uit te vind of iets verkeerd geloop het en indien wel, wat veronderstel was om te gebeur, en sou waarskynlik moontlike remedies voorstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Ombudsman Basilius Dyakugha gepraat, wat ‘n uiteensetting gee van die ondersoek.

Dyakugha het ook ‘n oplossing voorgestel vir die ongebruikte toerismepark.