Walvisbaaiers soek ook nie vir RedForce nie

Druk neem toe op die Walvisbaai-munisipaliteit se administrasie om RedForce as ‘n skuldinvorderaar te verwyder. Raadslid Ephraim Shozi sê hy sal ‘n mosie by die volgende raadsvergadering ter tafel lê vir die verwydering van RedForce. Die munisipaliteit het die entiteit verlede jaar aangestel om sowat 384 miljoen Namibiese dollar te verhaal wat deur die inwoners geskuld word.