Walvisbaai vier die naweek Wêreld-Oseaandag

As deel van die Verenigde Nasies se vieringe van Wêreld-Oseaandag, gaan Walvisbaai die naweek voort met hul vieringe. Professionele sjefs gaan seekos-demonstrasies hou en Namibiërs kan aan ‘n visbraai- en potjiekoskompetisie deelneem. Daar sal ’n wynproe en musiek wees en vir die sport-entoesiaste ’n sokker- en basketbaltoernooi. Vir die kleingoed is daar gesigverf en springkastele. Walvisbaai-munisipaliteit se skakelbeampte, Caty Sheya gesels met Kosmos 94.1 Nuus.