Inwoners van Eros gewaarsku oor brand in berge

Stad Windhoek se brandbestryders gee tans aandag aan die brand wat in die Erosberge, noordoos van Eros, in Windhoek ontstaan het. Die span kon keer dat die brand na die stad versprei, en die gebied aan die noordelike, westelike en suidelike kant van die brand is bedwing. Inwoners van veral in Olof Palme- en Kuisebstraat, moet waaksaam wees dat  die brand na hul eiendomme spring. Inwoners met grasdakke moet hul tuinslange gereed hê. Die brandbestrydingspan is hard aan die werk om die brand te probeer bedwing, ondanks die sterk wind en digte plantegroei. Daar is brandbestrydingspersoneel op bystand wat patrolleer tussen Eros en Ludwigsdorf.