Getuienis verdoemend teen Trump

Getuienis toon dat oudpresident Donald Trump van Amerika sentraal was tot ‘n aanval op die land se demokrasie. Dit het aan die lig gekom in ‘n sitting oor die opstande van 6 Januarie verlede jaar toe Trump-ondersteuners die Amerikaanse kongresgebou tydens die inhuldiging van President Joe Biden bestorm het. Volgens internasionale nuusagentskappe het selfs Trump se dogter sy bewerings van ‘n gekonkel met die stemproses verwerp. Die huis van verteenwoordigers se gekose komitee het grafiese beeldmateriaal gewys van duisende betogers wat die polisie aanval en hul pad oopslaan om in die gebou in te kom.