Wallis se kaptein fiks verklaar vir stryd teen Bokke

Rugby: Wallis se kaptein, Dan Biggar, is fiks verklaar om Saterdag in Kaapstad teen die Springbokke te speel. Biggar het ‘n skouerbesering opgedoen in die tweede helfte van die tweede toets, wat die besoekers 13-12 gewen het. Die afrigter, Wayne Pivac, het net een verandering aan die begin-vyftiental gemaak, met Josh Adams wat die beseerde Alex Cuthbert op vleuel vervang. Adams verwag nog ‘n taai wedstryd.