SA Inkomstediens sal tydelike agente tydens staking ontplooi

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê hy sal onmiddellik 150 tydelike agente ontplooi om belastingbetalers by te staan by kantore waar onderbrekings ervaar word weens die voortslepende staking. Kommissaris Edward Kieswetter sê hierdie ontplooiing vorm ook deel van die agentskap se strewe om dienste te bespoedig en te verbeter, nou en in die toekoms. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer.