Vervoervakbond SATAWU verwerp loonverhoging van 3,5%

Die vervoervakbond in die buurland, SATAWU, het die loonverhoging van 3,5 persent verwerp wat die werkgewersorganisasie vir privaat sekerheids-ondernemings voorgestel het. SATAWU se woordvoerder, Amanda Tshemese, sê die vakbond eis ‘n basiese verhoging van 16 persent elke jaar, vir die volgende drie jaar. Tshemese sê die werkgewers moet met ‘n beter aanbod na vore kom. Sy sê hulle sal nie stop totdat daar aan hul eise voldoen is nie.