Waarskuwing oor Oranje-vlakke en suidelike damme

Die Hidrologiese Dienste in die Namibiese landbouministerie het gewaarsku teen ernstige vloede in die Oranjerivier na die onlangse swaar reën, asook oorlope van die Bloemhof en Vanderkloofdam in Suid-Afrika en suidelike Namibiese damme soos die Naute-, Neckartal- en Hardapdam. Die noordoostelike riviere, die Zambezi en Kavango is ook besig om te styg.