Eerste lisensie vir vlieënde motor…

Die Vervoerowerheid in Slowakye het ‘n lugwaardigheid-sertifikaat uitgereik vir die vlieënde motormodel AirCar, in wat beskou word as ‘n eerste stap om die voertuig kommersieel te vervaardig. AirCar het in Junie verlede jaar sy eerste tussenstedelike vlug voltooi. Die voertuig word aangedryf deur ‘n 1,6-liter BMW-enjin en het ‘n aanloopbaan van slegs 300-meter nodig om te kan opstyg. Sy vlugspoed is tot 170-kilometer per uur en die tuig het vliegafstand van een-duisend kilometer.