MTC + Buy A Brick = 271 huise

MTC het aangekondig dat sy belegging in 2017 van 10,7 miljoen Namibiese dollar in die Buy A Brick-projek gelei het tot die konstruksie van 271 laekoste huise landwyd deur die Shack Dwellers Federation of Namibia. MTC se woordvoerder Tim Ekandjo sê huise is aan inwoners in verskeie streke uitgedeel met 62 in Otjozondjupa, 52 in Ohangwena, 41 in Oshana, 33 en Kavango-Wes, 30 in Zambezi, 25 in Hardap, 20 in Erongo en agt in die Omusati-streek.