Waarskuwing oor hoë brandgevaar in buurland

AfriForum het ‘n ernstige waarskuwing uitgereik met groot dele van die buurland wat ‘n hoë brandgevaar-tydperk in die droë seisoen betree. Provinsies soos die Noord- en Oos-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal word bedreig weens stygende temperature, lae humiditeit en sterk wind wat in die komende weke voorspel word. Die rampbestuur-spesialis van AfriForum, Tarien Cooks, sê landelike gebiede worstel met bykomende uitdagings, insluitend opsetlike brande vir jagdoeleindes. Cooks beklemtoon die behoefte aan verhoogde bewusmaking en voorkomende maatreëls om verwoestende verliese te bekamp.