Smokkel uit Angola ‘n ‘alledaagse verskynsel’ July 6, 2025

Die polisie in Ohangwena het sedert 2023 altesaam 234 mense vir die smokkel van onwettige brandstof en ander goedere inhegtenis geneem. Volgens die polisiehoof in die streek, kommissaris Ottilie Kashuupulwa, het smokkelary ‘n alledaagse verskynsel geword en is dit moeilik om te beheer. Smokkelaars vlug dikwels terug na die Angolese kant van die grens sodra hulle polisie bespeur en dit bemoeilik arrestasies, sê Kashuupulwa. Samewerking tussen nie net die polisie nie, maar ook die leierskap van die twee buurland is nodig vir die doeltreffende bekamping van onwettige handel, sê sy.