Israel, Hamas praat vandag oor skietstilstand July 6, 2025
Israel het ingestem om vandag ‘n afvaardiging na Katar te stuur vir onderhandelinge met Hamas oor die jongste voorstel vir ‘n wapenstilstand- en gyselaarsvrystellingsooreenkoms in Gaza. Die kantoor van die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê dit is ondanks onaanvaarbare veranderinge waarop Hamas aandring in die plan wat deur bemiddelaars van Katar, die VSA en Egipte voorgestel is. Hamas wil onder meer die versekering hê dat aanvalle nie sal hervat sou die plan vir ‘n permanente wapenstilstand misluk nie