Vyf Springbokke in Wêreldrugby se Droomspan van die Jaar

Rugby: Vyf Springbokke is ingesluit in Wêreldrugby se Droomspan van die Jaar. Hulle is die kaptein Siya Kolisi, Malcolm Marx, Eben Etzebeth, Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi. Die res van die span bestaan uit drie All Blacks, twee Wallabies en een speler elk van Engeland, Skotland, Wallis en Frankryk. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, en die nasionale afrigter, Jacques Nienaber, het die Suid-Afrikaners gelukgewens en sê om ‘n derde van die span te vorm, beklemtoon hoe goed die Bokke in ‘n uitdagende seisoen gevaar het en hoe individuele spelers die mas kon opkom.