Kenner van olie- en gaseksplorasie sê soektog in Namibiese waters het beperkte potensiaal

‘n Kenner op die gebied van olie- en gas-eksplorasie, gee sy mening oor maatskappye wat vir olie en gas langs die Namibiese kus soek. Namcor, saam met sy eksplorasievennote Impact Oil & Gas, TotalEnergies EP Namibia en QatarEnergy, begin met die booroperasie, genaamd ‘spudding’, van die Venus – 1X eksplorasieput, aflandig in die Atlantiese Oseaan langs die Namibiese kus. ‘Spudding’ is die term wat gebruik word wanneer die werklike booroperasie van ‘n put begin het. Dit is ‘n uiters komplekse taak wat gesofistikeerde tegnologie en masjinerie behels om ‘n put te boor. Siraj Ahmed, uitvoerende hoof van Impact, sê die put word sedert 2014 voorberei. Matt Totten sê aan Kosmos 94.1 Nuus ontginning vind al vir jare in Namibiese waters plaas, maar daar is beperkte potensiaal vir die ontdekking van olie en gas.